Vuurdraak (astrologie)

丙辰

Die Vuurdraak (丙辰, bǐngchén) is die 60ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurdraakjaar het in 1976 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 31 Januarie 1976 tot 17 Februarie 1977.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne